Twee vas vir moorde in Noord-Kaap

Deel op

‘n Swart man, 32, sal na verwagting môre in die De Aar-landroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Dit kom nadat ‘n 13-jarige meisie se liggaam gisteroggend in die straat naby die beskuldige se huis gevind is. Die polisie wou nie bevestig of die meisie verkrag is nie.

Die oorledene het volgens woordvoerder Sergio Kock kopbeserings opgedoen, maar dit is nog onbekend wat presies tot die meisie se dood gelei het.

Die ondersoek duur voor.

Intussen sal ‘n 22-jarige swart verdagte binnekort in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn ná die moord op die 19-jarige Jakob Maragoe en die 24-jarige Michael Matheatau Sondagoggend.

Die verdagte en Maragoe het blykbaar oor ‘n meisie in ‘n kroeg beklei toe Matheatau tussen beide wou tree. Hulle is toe albei in die struweling noodlotting gewond.

Die verdagte het glo gevlug van die toneel en is later deur die Jan Kempdorp polisie aangekeer.

Suid-Afrika se oorgang na ‘n sogenaamde demokrasie in die vroeë 1990’s het ‘n vinnige toename in aangemelde verkragtings en ander geweldsmisdade openbaar.

Dié misdade stem ooreen met die voorkoms onder Afrikabevolkings elders wat nooit onder apartheid geleef het nie.

Gevalle van gerapporteerde verkragting het toegeneem van 27 056 in 1993 tot ‘n hoogtepunt van 55 114 tussen April 2004 en Maart 2005, wat ‘n voorkomssyfer van 118,3 / 100 000 van die bevolking.

Dit is onder die hoogste gerapporteerde verkragtings ter wêreld.

Joan van Niekerk, ‘n voorsitter van Childline Suid-Afrika, het gesê onderwysers in swart skole is een van die grootste probleme wat die seksuele misbruik van kinders betref.

Ten spyte van pogings deur buitelandse nie-regeringsorganisasies om dié plaag toe te smeer, is dit ook bekend dat swart mans glo dat omgang met kinders hulle van MIV/Vigs kan genees.

Die 185 gevalle van kindermishandeling wat by die polisie aangemeld word elke dag verteenwoordig net ‘n fraksie van die ware getal, volgens kindersorggroepe. Hiervan lei net vyf persent tot ‘n suksesvolle skuldigbevinding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.