EFF verwoes kerk wat ‘blare eet’

Deel op

Chaos het uitgebreek by die End Times Disciples Ministries se kerk in Soshanguve, noord van Pretoria, toe EFF-lede Sondag op die tent toegesak het en dit aan die brand gesteek gesteek het.

NUUT!

Die EFF-aanvallers het beloof om die kerk se pastoor, Pnuel Mnguni knaagdiere en slange te laat eet het ANN7 berig op hul Twitter-rekening.

Mnguni het voorheen sy gemeente gevra om slange lewendig te sluk. Hy is in hegtenis geneem op aanklagte van dieremishandeling.

Maar, volgens berigte was die pastoor nie daar vir die diens Sondag nie. Tog het Mnguni se afwesigheid nie die EFF verhoed om verwoesting op die perseel te saai nie omdat gemeentelede glo “blare eet”.

Dit is nie duidelik waarom die EFF gekant is teen “blare eet” nie.

Die polisie, wat teenwoordig was, het niks gedoen om te keer dat die EFF die gemeentelede intimideer, verjaag en die tent verwoes en aan die brand steek nie.

In ‘n soortgelyke voorval in Namibië dié naweek is die Pinksterkerk van Save Souls Ministry op Okankolo in die Oshikotostreek afgebreek omdat dit na bewering met kinders se skoolwerk inmeng.

Pastoor Abraham Petrus het Vrydag ’n klag van opsetlike saakbeskadiging in dié verband by die polisie op Okankolo ingedien.

“Waar ons kerk was, is net houtbanke. Die sinkplate is verwyder en weggedra,” het hy gesê.

Die voorval volg nadat ouers van die Okankolo Gekombineerde Skool Donderdagaand tydens ’n vergadering die sluiting van die kerk, met 40 gemeentelede, geëis het. Volgens die ouers hou die gemeente se herlewingsdienste in die aand hul kinders uit die slaap. Onderwysers het voorts gesê kinders wat dié dienste bywoon, kan bedags in die klas nie konsentreer nie omdat hulle vaak is.

Na bewering hou van die gemeente wat op die skoolterrein kamp en die dienste bywoon, se gille snags ander kinders wakker. Dié kinders skree snags glo “vuur, vuur!”

Petrus het alle aantygings teen sy kerk ontken.

Volgens hom hou die kerk net op naweke en tydens skoolvakansies herlewingsdienste. Kinders word ook net by dié dienste toegelaat as hulle van hul ouers vergesel is, sê hy.

Hy sê die ouers het tydens die vergadering onder die invloed van die onderwysers ten gunste van die sluiting van die kerk besluit.

Petrus beweer sy kerk het nie die geleentheid gehad om sy kant van die saak te stel nie. “Ek is net vier minute gegun om te praat en byna niemand het na my geluister nie,” sê hy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.