Wit verslaggewer aangerand in Ferguson

Deel op

‘n Wit verslaggewer van die Post-Dispatch, Paul Hampel is bewusteloos geslaan en daarna beroof deur ‘n groep swart aanvallers terwyl hy berig het oor hernude opstande in Ferguson, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, Sondagnag.

Gewelddadige oproer het uitgebreek met die herdenking van die skietdood van ‘n swart misdadige tiener, Michael Brown ‘n jaar gelede. Brown se dood het aanleding gegee tot die #BlackLivesMatter-veldtog.

Hampel sê hy was besig om foto’s en video’s van inbrake en plundery te neem op West Florissant Avenue kort voordat hy aangeval is.

Hy is van agter oorrompel en die swart aanvallers het hom begin slaan en geskop teen die agterkant van sy kop toe hy op die grond was, het Hampel gesê.

Die aanvallers het daarna sy selfoon en beursie gesteel en hul uit die voete gemaak.

Hampel het probeer opstaan om na die polisiekordon terug te keer en die New York Times se fotograaf Whitney Curtis teëgekom. Hy het aan haar gesê dat hy ‘n ambulans nodig het.

Daarna het hy op die gras ineengesak en kan niks meer onthou nie. Hy het in die hospitaal wakker geword en gesê hy het ‘n harsingskudding opgedoen en is oornag gehou vir evaluering.

‘n Noodtoestand is intussen afgekondig oor die hele St Louis-gebied, nadat onluste verder uitgekring het as Ferguson.

Tydens die oproer is minstens drie swartes geskiet en vier is in hegtenis geneem.

Een van die swart verdagtes wat in op die polisie begin skiet het, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat die polisie teruggeskiet het en hom gewond het.

Distrikspolisie het beheer geneem oor polisiëring in Ferguson onder die noodtoestand.

Volgens die polisie hou die skietery nie verband met die betogings om die dood van Brown te herdenk nie.

Die noodtoestand is verklaar nadat verskeie winkels geplunder is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.