Duitsland maak reg vir duisende asielsoekers

Deel op

Die wêreld se grootste handelsuitstalterrein in Hanover, Duitsland, gaan ruimte beskikbaar stel vir sommige van die duisende vlugtelinge wat in Duitsland op gedaag het.

Die land het met ‘n skerp toevloei van migrante te doen wat na verwagting later vanjaar die 500 000 kerf sal haal.

Die kantoor vir Migrasie en Vlugtelinge sê tydelike woonstrukture sal opgerig word.

In ander stede het die owerheid tente opgeslaan om die asielsoekers te huisves.

Die land het ‘n ruim welsynstelsel in vergelyking met EU-standaarde, en is by verre die mees gewilde bestemming vir vlugtelinge uit krisisstreke in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en Oos-Europa.

In 2014, het asielaansoeke in die EU tot 626 065 gestyg, ‘n 44 persent toename van die vorige jaar. Die meerderheid is Arameërs en een derde reis na Duitsland.

Volgens die mees onlangse VN-data, het Duitsland meer asielaansoeke ontvang as enige ander land in die wêreld in die eerste helfte van verlede jaar – 42 persent meer as die VSA.

In Mei het ‘n nagklub in Ingolstadt, ‘n klein dorpie in die konserwatiewe suidelike staat van Beiere, ‘n herrie veroorsaak nadat die klub ‘n volstrekte verbod op immigrante geplaas het.

Die eienaar beweer dat asielsoekers van ‘n nabygeleë skuiling vroulike gaste teister, jasse steel en probeer om gratis drank te kry.

In ‘n onderhoud met Duitsland se grootste nasionale dagblad, die Süddeutsche Zeitung het die eienaar geen poging aangewend om sy besluit polities korrek te laat klink nie. “Swartes het ‘n probleem met vroue en Arabiere het ‘n probleem met aggressie,” het hy aan die koerant gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.