Ouers deur swart aanvallers geskiet

Deel op

‘n Egpaar van Bryanston, Johannesburg, is geskiet terwyl hulle probeer het om hul 9-jarige dogter te beskerm teen swart aanvallers.

Die Citizen berig dat Barbara Edwards Woensdagoggend om hulp geskree het toe sy en haar man, Norman, voorgekeer is deur drie swart gewapende rowers op hul eiendom.

Edwards het aan die koerant gesê haar dogter was in die motor en sy het slaags geraak met een van die verdagtes.
 
Edwards is een keer geskiet, en haar man is drie keer geskiet, voor die swart aanvallers weggehardloop het.

Hul dogter is ongedeerd.

“Hulle het probeer om ons in die huis te kry. Sy het die toneel buite gehou en dit was toe hulle planne gefnuik is. My vrou het ons gered,” sê Norman Edwards.

Netcare 911 se paramedici het die skietvoorval in Collegelaan Woensdag aangemeld. Die ouers is in die hospitaal opgeneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.