Twee gebruik glo Zuma se naam vir gunste en geld

Deel op

Die presidensie het ‘n waarskuwing uitgestuur ma maatskappye se uitvoerende beamptes asook die publiek om op die uitkyk te wees vir twee swart vroulike bedrieërs wat die naam van President Jacob Zuma en die presidensie misbruik om werk en gunste te verkry.

‘n Woordvoerder, Bongani Majola het gesê ‘n vrou met die naam van Pink Nomathamsanqa Vena, wat glo ‘n uitvoerende beampte by Prasa was tot drie maande gelede, het senior bestuurders in maatskappye genader op soek na werk of gunste.

“Sy beweer dat sy deur die presidensie se hoofbestuursbeampte, Lakela Kaunda verwys is, op die instruksies van President Jacob Zuma,” het Majola gesê.

Hy het gesê Zuma het nog nooit Vena ontmoet nie, en ook nie Kaunda nie.

‘n Vrou wat na bewering in diens is as ‘n ontvangsdame by Hillview High School in Mayville, gebruik ook die naam van die president om mense te bedrieg.

Majola het gesê die vrou beloof om werkgeleenthede te verseker by die presidentskap in ruil vir geld.

Hy het gesê die saak is na die departement van basiese onderwys verwys vir ondersoek.

“Lede van die publiek word aangemoedig om waaksaam te wees en om inligting te verifieer te alle tye en nie toe te laat dat hulle mislei word deur gewetenlose individue nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.