‘Samelewing ag leeu hoër as mens’

Deel op

Dit is betreurenswaardig wanneer die samelewing ’n vlak bereik waar ‘n leeu se waarde hoër is as die van ’n mens.

Dit is volgens toerismekenner, Melville Saayman, en volg op die omstredenheid rondom die onwettige doodmaak van Cecil die leeu deur die Amerikaanse jagter Walter Palmer, verlede maand.

Saayman het kommentaar gelewer nadat dié gebeurtenis in ‘n mediasirkus van emosiebelaaide onsinnighede ontaard het.

Saayman het verder gesê die herrie rondom die Zimbabwiese maanhaar is ironies, gegewe die lot van hongerlydendes in dié land en ander Afrika-lande.

Saayman meen verder dit is sleg dat die jagbedryf soveel negatiewe aandag kry.

Hy sê renosterjag behoort eerder beperk te word aangesien die renoster só bedreig word. Saayman sê trofeejag is baie meer as net leeujag of die Groot Vyf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.