Immigrante na Duitsland neem toe

Deel op

Die aantal nuwe aankomelinge in Duitsland het volgens federale statistiek verlede jaar tot 10,9 miljoen mense toegeneem.

Verlede jaar het 6,4 miljoen mense van buitelandse afkoms in Duitsland gewoon. Dit is een uit elke vyf inwoners van die land. Die meeste, 56 persent, het Duitse burgerskap.

Duitsland het lank weerstand gebied teen die benaming “land van immigrasie” en het eers in 2005 statistiek oor migrante begin insamel.

In 2012 was Duitsland wêreldwyd die tweede gunsteling bestemming vir buitelanders, naas Amerika.

Die 2014-data toon die grootste toename in immigrasie het uit ander lidlande van die Europese Unie gekom. Pole, Roemenië, Italië, Bulgarye en Hongarye het die grootste aantal mense opgelewer wat hulle in Duitsland gevestig het.

Ondertussen is emosionele debatte aan die orde van die dag in Duitsland oor beplande wetgewing om die vloei van immigrante en asielsoekers te reguleer.

Duitsland hoop om hoogs gekwalifiseerde immigrante te lok, maar lok ‘n groot aantal mense wat van oorlog, vervolging en armoede vlug.

Die drastiese veranderinge het vanjaar gelei tot ‘n toename in behoudende, anti-multukulturele optogte.

Aanvalle op instellings wat skuiling aan asielsoekers bied, is ook aangeteken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.