Rand breek deur laagtepunt teen Britse pond

Deel op

Die Rand het deur die R20-vlak teen die Britse pond gebreek.

Alle oë is nou op die Reserwebank om op te tree nadat die Rand ‘n nuwe laagtepunt gewys het.

Ekonome sê ‘n depresiasie van die geldeenheid sal inflasie-druk verhoog wat die Reserwebank sal noop om strenger op te tree.

Die Rand het ook tot sy laagste vlak teenoor die Amerikaanse dollar in 14 jaar gedaal. In ‘n stadium het die Suid-Afrikaanse geldeenheid teen R12,82 teenoor die dollar verhandel wat die laagste is sedert Desember 2001.

Dit volg op bespiegelinge dat die Amerikaanse Federale Reserwebank aanstaande maand rentekoerse kan verhoog.

Die groep, London Capital verwag dat die Rand binnekort tot R13 rand die dollar kan verswak.

Dit was nie die enigste geldeenheid wat getref is nie. Suid-Korea asook Maleisië se twee opkomende mark-geldeenhede het laer gesluit te midde van bespiegelings dat die Amerikaanse Federale Reserweraad rentekoerse sal verhoog wat die vraag na meer riskante bates beperk het.

‘n Geringe styging in oliepryse met effekte wat laer geneig het, is aangeteken.

Die volgende groot faktor wat die mark kan beweeg, sal die Amerikaanse betaalstaatdata wees wat Vrydag vrygestel word.

Syfers toon sterk groei in werksgeleenthede wat ‘n gesonder Amerikaanse ekonomie aandui en kan die rand onder groot druk plaas wat ongetwyfeld sal lei tot ‘n rentekoersverhoging in September.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.