Soweto-onlusmakers steek brandweerwa aan die brand, beseer brandweerman

Deel op

Die Johannesburgse Nooddienste het bevestig dat ‘n brandweerman vanoggend in die hospitaal opgeneem is nadat onlusmakers in Soweto ‘n brandweerwa aangeval, dit met klippe bestook en agterna aan die brand gesteek het.

Die brandweerwa behoor aan die Diepkloof-brandweerstasie en is ‘n “eerste-oproepvoertuig”, wat beteken dat dit normaalweg eerste by ‘n noodtoneel of reddingsgeval opdaag.

Die toerusting op die brandweerwa is beskadig of vernietig terwyl dele daarvan gesteel is.

Volgens die liberale media wat ook oor dié geval berig het, verteenwoordig dié optrede ‘n “betoging”.

Die woordvoerder vir die Johannesburgse Nooddienste, Robert Mulaudzi, sê: “Hulle het die brandweerwa voorgekeer en dit met klippe begin gooi. Een van die brandweermanne is beseer toe hy deur die klippe getref is. Hy het mediese behandeling op die toneel ontvang en is daarna na die Milparkhospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Mulaudzi moet die aanval veroordeel word.

“Dis regtig ‘n treurige dag vir ons as nooddienste. Ons wil ook die gemeenskappe daarbuite versoek om inligting te verskaf oor die vermiste toerusting en dat diegene wat betrokke was, na vore sal kom.”

Daar is tans onluste in Soweto weens die afsnyding van onwettige elektriese verbindings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.