Minister vergader met mynbase na Glencore lisensie verloor

Deel op

Die bestuur van Glencore is in die ANC se visier.

Die Departement van Minerale Hulpbronne het die seldsame stap Dinsdag geneem om die mynbou-lisensie van Glencore se Optimum-steenkoolmyn op te skort omdat hulle personeel glo sleg behandel.

Dit val saam met die nuus dat Glencore ‘n sakereddingstrategie aangekondig het omdat die kontrak met Eskom onekonomies is.

Beplande afleggings in die mynbedryf en dalings in kommoditeitspryse, het ekonomiese an arbeidsvooruitsigte vir die land nog meer beroerd laat lyk.

Intussen sal die minister van Minerale Hulpbronne, Ngoako Ramatlhodi met mynbase in Pretoria vergader om die werksverliese te bespreek wat onlangs aangekondig is.

Anglo American en Lonmin het die afgelope tyd bekend gemaak dat hulle beplan om poste te besnoei. Lonmin wil sesduisend werkers aflê.

Parlementslede het vroeër ‘n beroep op die regering gedoen om dringende stappe te doen om werksverliese in die mynwese te beperk.

Die ANC het intussen sy oproepe hernu om ‘n staatsbeheerde mynmaatskappy te stig. Die regerende party voer aan dat die staat immers meer as een mynmaatskappy moet besit om werksverliese te voorkom.

Glencore het Dinsdagoggend aankondig dat hy die Optimum-myn, wat 5,5 miljoen ton steenkool per jaar aan die Hendrina-kragstasie lewer, in sakeredding plaas. Dit beteken groot afleggings by die myn.

Die myn het probeer om beter steenkoolpryse met Eskom te beding, terwyl Eskom verlede week boetes van R2 miljard van Optimum teruggeëis het.

Volgens Glencore is daar die afgelope twee jaar skuld van R2,5 miljard aangegaan om Optimum aan die gang te hou en nog R900 miljoen van sy eie kontantbronne aangewend om die myn aan die gang te hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.