Vegvliegtuig stort neer op Siriese mark

Deel op

Ten minste 27 mense is Maandag dood en talle beseer toe ’n vegvliegtuig van die Siriese weermag in ’n besige mark in die rebellevesting in die noordwestelike dorp, Arihe, neergestort het.

Die meeste oorledenes was burgerlikes. Die dorp in die Idlib-provinsie is in Mei deur ’n koalisie van Islamitiese insurgente ingeneem.

Die militêre vliegtuig het ’n bom in die hart van die sentrale stad afgegooi waar winkeleienaars besig was om vroegoggend hul winkels te open. Kort daarna het die vliegtuig in die middel van die markgebied neergestort.

Sondag het ’n missiel wat deur Siriese regeringsmagte afgevuur is, ’n burgerlike woonbuurt in die Sheikh Khodr-woonbuurt van Aleppo getref. Die stad was eens op ’n tyd Sirië se ekonomiese kern. Sedertdien is die stad byna in puin gelê deur gevegte en tussen regeringsbeheer in die weste en rebellebeheer in die ooste verdeel.

Gevegte tussen regeringsmagte en insurgente van die groep Jaish al Fateh, (weermag van verowering), wat Sirië se Al-Kaïda beweging, die Nusra Front insluit, het die afgelope tyd in intensiteit in die landelike Idlib-provinsie toegeneem.

Die val van Ariha het insurgente in beheer gelaat van die grootste deel van die Idlib-provinsie, wat aan Turkye grens.

Die meeste van die ryk landbougebied is egter sedertdien swaar deur die magte van pres. Bashar al-Assad gebombardeer in ’n teenoffensief om die gebied te herower.

Swaar lugaanvalle word ingespan om die insurgente se opmars in die berge van die Latakia-provinsie te stuit. Die insurgente beweeg al nader aan die kusgebied noord van die hoofstad, Damaskus, wat in regeringshande is.

Sirië se westelike flank, wat aan sowel die Middellandse See as Libanon grens, huisves Sirië se belangrikste stede, insluitend Damaskus.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.