Grondgryp-chaos in Namibië vir eers afgeweer sê president

Deel op

Namibië se pres. Hage Geingob het in ‘n onderhoud met die Republikein gesê die beplande grondgrypaksie sou die land in chaos gdompel het.

“Baie mense is onbewus van wat kon gebeur het, as ek nie die vergadering met die Beweging vir Regstellende Herposisionering (AR) op 24 Junie gereël het nie. Die land kon onregeerbaar gewees het.”

Geingob het gesê dialoog is belangrik om konflik te verhoed. Swapo het egter afvallige jeugleiers wat hulle nie aan die party se opdrag gesteur het om die beplande­ besetting van grond te laat vaar nie, vroeër uit die party geskop.

“Wat skuiling betref, het ons begin om grond vir behoeftiges skoon te maak. Dit is nie ‘n maklike proses nie en kan nie oornag gebeur nie. Wat hongersnood betref, werk ons aan die totstandkoming van ‘n voedselbank. Hierdie inisiatief word deur die ministerie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn, onder die leierskap van biskop Zephania Kameeta bedryf. Dit is die regering se oogmerk om al die mense in al die Katuturas oral in die land te voed. Dieselfde ministerie sal toesig hou oor die voedingsprogram vir skole en ondersoek na die toepasssing van ‘n aangepaste basiese inkomstetoelaag instel.”

Geingob het gesê ‘n nasionale dialoog oor armoedeverligting sal deur biskop Kameeta en sy amptenare gereël word.

“Ek wil hê die Namibiese huis moet inklusief, vreedsaam en skeppend wees. Ons moet almal hande vat en in die gees van ‘harambee’ (Swahiliwoord vir trek saam) in een rigting trek,” het Geingob gesê.

Geingob het bygevoeg dat die tweede fase van die bevryding­stryd op hande is, “die soeke na ekonomiese emansipasie”.

“Wanneer ‘n mens ‘n roereier geniet, smaak dit goed, maar ten einde ‘n roereier te eet, moes een pragtige, heel eier gebreek word.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.