Trump meer steun as volgende twee kandidate saam

Deel op

Net dae voor die eerste Republikeinse presidensiële debat in Cleveland, Ohio, is kandidate en hul adviseurs raadop met Donald Trump. Die slimste strategie het nog nie gewerk om hul mededinger vas te vat nie.

Trump se verrassende uithouvermoë het selfs die mees gehardes in Washington sonder antwoorde gelaat.

Die grootste nuus is die toename in menings wat Trump in ‘n goeie lig beskou, met 52% wat gunstig reageer en slegs 35% wat ongunstig reageer.

Trump is gewild onder mans en vroue, jonk en oud, konserwatiewe Republikeine en liberale Republikeine, Tea Party Republikeine asook nie-Tea Party Republikeine.

Sy teenstanders in die media en in sy eie party het vroeër voortdurend sy hoë aantal ongunstige stemme uitgewys as ‘n teken dat sy potensiaal van ondersteuning te laag is vir hom om die Republikeinse nominasie wen.

Nadat hy egter die oorlogrekord van John McCain, die oorlogsugtige Arizonasenator wat meer as vyf jaar ‘n gevangene in Viëtnam was, verkleineer het, het sy veldtog spoed gekry.

Die miljardêr tel daagliks momentum op en nege ander Amerikaanse Republikeine wat hoop op die presidentskap, se kanse is besig om te taan.

Tien kandidate sal deelneem aan die Republikeine se eerste ­televisiedebat in Cleveland eerskomende Donderdag op Fox News. Die tien Republikeine het die hoogste persentasie steun in die vyf laaste peilings uit 16 kandidate behaal.

Trump sal na verwagting die debat van 90 minute oorheers met kaalkopwaarhede.

Volgens die jongste peilings bly Trump die voorloper met 26% van die steun onder Republikeinse kiesers, teenoor Scott Walker se 12% en Jeb Bush se 11%.

Walker en Bush saam het nie eens soveel steun soos Trump nie. Trump se steun het sedert Julie verdubbel, terwyl Bush se steun afgeneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.