Gauteng-onderwysdept. stel wiskundehandboek slegs in Engels beskikbaar

Deel op

Die Gautengse Onderwysdepartement, wat oor die afgelope aantal jare gereelde dreigemente teenoor Afrikaanse skole maak dat hulle verengels gaan word, het so pas ‘n wiskundehersieningshandboek vir graadsesleerlinge slegs in Engels beskikbaar gestel. In ‘n omsendbrief is skole in kennis gestel dat hulle die hersieningsboeke vir wiskunde moet kom haal.

Daar word in vetgedrukte letters gestel dat die boeke nie in Afrikaans gedruk is nie:

“ . . . die boekies word deur die hoofkantoor verskaf en daar is geen weergawe in Afrikaans nie.”

Verskeie Afrikaanse organisasies het verklaar dat hulle die saak met Pansat (die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad) gaan opneem.

 

Elijah Mhlanga, die departement se woordvoerder, wou nie op versoeke om kommentaar reageer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.