Verdagtes van Vrede-plaasaanval weer voor

Deel op

Die saak teen twee swartes wat in die rondgaande hof op Vrede verskyn het weens die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas buite die dorp, sal na verwagting vandag hervat word.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Zweli Mohobeleli sê Thabo Motloung sal na verwagting Augustus om borgtog aansoek doen, terwyl Paul Mei Zulu, wat slegs ure ná die aanval op Johannes en Rita Kritzinger in hegtenis geneem is, nie beplan om aansoek te doen nie.

Die verdagtes staan tereg op ‘n aanklag van poging tot moord, huisbraak en gewapende roof. Johannes is vier keer en Rita drie geskiet.

OFM-nuus het verlede week berig dat die egpaar steeds in die Netcare-Unie-hospitaal in Alberton se hoësorgeenheid is.

Hulle was onder pynverdowing en Johannes het al gepraat en reageer op sy kinders se stemme. Woordvoerder Ruan Combrink het gesê die egpaar is bewus dat twee verdagtes aangekeer is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.