Merkel wil glo vir vierde termyn aanbly

Deel op

Kanselier Angela Merkel, wat Duitsland sedert 2005 regeer, het besluit om vir ‘n vierde termyn te staan en het begin met die beplanning haar 2017-herverkiesingsveldtog het Der Spiegel berig.

Peter Tauber, sekretaris-generaal van Merkel se Christen-demokratiese (CDU) party en effektief ook haar veldtogbestuurder, wou nie kommentaar lewer toe hy gevra is oor die Reuters-berig nie.

“Dit is die somervakansieseisoen as jy nie opgemerk het nie,” het Tauber geantwoord op Twitter toe hy gevra is oor die berig.

Merkel, wat op 17 Julie 61 geword het, het nie kommentaar gelewer oor of sy vir ‘n vierde termyn sal staan nie. Sy is op stapvakansie in die Alpe.

Duitsland onder Merkel, lei Europa se grootste ekonomie. Sy was aan die spits deur 2008 se finansiële krisis en talle euro-sone storms.

Daar is geen termynbepalinge in Duitsland nie en die laaste CDU-kanselier, Helmut Kohl, het vir 16 jaar in sy pos gedien voordat hy vir ‘n vyfde termyn in 1998 deur Gerhard Schroeder van die Sosiale Demokrate (SPD) uitgeknikker is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.