Die Taliban het hulself van vredesamesprekings met die Afgaanse regering gedistansieer, maar nie ’n woord gerep oor berigte dat hul leier, Mullah Omar, dood is nie.
Afganistan het Woensdag gesê Omar is twee jaar gelede in Pakistan dood.
Mullah Omar is nie in die openbaar gesien sedert die Amerikaans-geleide inval in Afganistan in 2001 begin het en uiteindelik die Taliban bewind in Kaboel omvergewerp het nie.
’n Woordvoerder van die Afgaanse nasionale direktoraat van veiligheid het gesê Omar is “onder raaiselagtige omstandighede” in ’n hospitaal in pakistan dood.
Gerugte van die geheimsinnige vegter se dood het in die verlede gereeld die rondte gedoen, het AFP berig.