AP lei heksejag teen Amerikaanse jagters in Zim

Deel op

‘n Tweede Amerikaner word tans deur die media swartgesmeer oor “onwettige jag” in Zimbabwe.

Danksy ‘n smeerveldtog teen ‘n tweede wit jagter, het Zimbabwe intussen ‘n geleentheid raakgesien om ‘n nuwe anti-wit-veldtog van stapel te stuur.

Zimbabwiese owerhede beskuldig nou ‘n Pennsylvania-dokter dat hy onwettig ‘n leeu in April “vermoor” het.

Dié nuwe heksejag kom nadat ‘n Minnesota-tandarts ‘n leeu by name Cecil vroeg in Julie geskiet het. Die Zimbabwiese bewaringsowerheid sê die tweede Amerikaner het ‘n leeu onwettig met ‘n pyl-en-boog gejag.

Owerhede sê die tweede Amerikaner was in April by ‘n onwettige jagtog in die Hwange Nasionale Park betrokke.

Zimbabwe eis nou ook dat die tandarts, Walter Palmer uitgelewer word.

Die naam van die tweede Amerikaner is dr. Jan Casimir Seski van Murrysville, Pennsylvania, wat glo sonder goedkeuring op grond waar dit nie toegelaat word nie, gejag het.

Die sogenaamde grondeienaar Headman Sibanda is in hegtenis geneem en “help” glo nou die Zimbabwiese ​​polisie.

Seski is ‘n ginekologiese onkoloog by die Allegheny Algemene Hospitaal in Pittsburg. Hy is ook ‘n aktiewe grootwildjagter, volgens safari-ondernemers.

Die Associated Press lei die heksejag teen Seski en het aan die deur van die huis waar Seski woon “gaan klop”.

AP het daarmee die man se woonplek en privaatheid geskend deur dit aan opgesweepte en oningeligte “diere-aktiviste” te openbaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.