Dan Roodt: Die Afrikaner: Van triomf tot ondergang deel 1

Deel op

Dikwels word daar deesdae gesanik oor “apartheid” en veral die geskiedenis van 1948 tot 1994 wat dan ‘n “verspeelde kans” vir Suid-Afrikaanse samesyn en “bevryding” sou gewees het. Ná 20 jaar onder die ANC en Engelse oorheersing weet ons min of meer hoe “bevryding” lyk. Indien dit in 1948 aangebreek het, sou Suid-Afrika se infrastruktuur en ekonomie seker nou op die vlak van die DRK s’n gewees het waar die meeste inwoners van bestaansboerdery afhanklik is.

Maar iets wat veel belangriker is, is om die proses te verstaan wat hom in daardie vier dekades afgespeel het, want die belangrikste gebeure en besonderhede word gewoonlik verswyg.

Suid-Afrikaanse rassepolitiek of “naturellebeleid” (native policy het dit op Engels geheet) het eintlik geen belangrike rol in die 1948-verkiesing gespeel nie. Soos soveel ander verkiesings in ons geskiedenis, het dit grotendeels rondom identiteit gewentel. Aan die een kant was daar ‘n alliansie van Engelssprekendes en ryker verstedelikte Afrikaners wat Jan Smuts se Verenigde Party ondersteun het, die sogenaamde “Sappe”. Aan die ander kant ‘n groep hoofsaaklik jong, meer plattelandse of selfs werkersklas-Afrikaners wat vir die Nasionale Party onder D.F. Malan gestem het. Die NP is ook ondersteun deur die meeste skrywers, kunstenaars, argitekte, filmmakers en skeppende mense wat in ‘n bloeiende Afrikaanse taalbeweging hul toekoms gesien het. Mense soos NP van Wyk Louw, D. J. Opperman, C.M. van den Heerver, Jamie Uys, maar ook die sakeman Anton Rupert, het almal die NP ondersteun.

Die verkiesingsoorwinning op 26 Mei 1948 (toevallig is 26 Mei ook my verjaardag!) is in die annale as feitlik ‘n wonderwerk verewig. In die manskoshuise van die Universiteit van Stellenbosch het studente hul matrasse by die vensters uitgegooi in ‘n studentikose vreugdevertoning. Smuts het sy eie setel in Standerton verloor en hoewel die VP steeds die algehele meerderheid van stemme behaal het, het die Nasionale Party, tesame met die Afrikanerparty, ‘n meerderheid setels in die parlement verkry.

Die uitwerking in die Engelse gebiede in Johannesburg, Kaapstad en Natal, was verpletterend. Die gedagte dat Suid-Afrika nou minder Engels en Britsgesind gaan wees, het Engelse van imperialisties verregs tot kommunisties ekstreemlinks in hul felle opposisie teen die nuwe bewind verenig. My pa, wat destyds onder C.M. van den Heever ‘n student by Wits was, het my vertel dat daar ‘n begrafnisatmosfeer op die kampus was. Destyds was tot ‘n derde van studente op die kampus Afrikaners; daar was selfs takke van die ATKV en die Afrikaanse Studentebond aan Wits.

Terwyl die Verenigde Party ná Smuts se dood in 1950 stadigaan begin wegkwyn het en nooit weer die NP werklik kon uitdaag nie, het twee dinge die revolusionêre opposisie teen die NP-bewind laat toeneem. Een was die Rooi Leër se oorwinning oor Duitsland wat aan kommunisme vir ‘n dekade ná 1945 oral ter wêreld ‘n bepaalde prestige verleen het. In sowel Frankryk as Italië het kommunistiese partye wye steun geniet en oral in Oos-Europa het kommunisme met die hulp van Grootbroer in Rusland self veld gewen. Toe die NP die Kommunistiese Party in 1950 verbied, was dit soos ‘n rooi vlag voor ‘n bul. Hoewel die party hom vrywillig ontbind het – ook omdat hy geen blanke steun by die stembus kon verkry nie – is partystrukture ondergronds voortgesit onder leiding van Joe Slovo, bygestaan deur sy vrou Ruth First, asook Bram Fischer, sy vrou Molly, tesame met Harold Wolpe, Rusty en Hilda Bernstein, onder andere. Soos algemeen bekend is, het ‘n groep hoofsaaklik Johannesburgse Jode ‘n leidende rol in dié ondergrondse beweging gespeel (sien Shimoni, G. Community and conscience: the Jews in apartheid South Africa). In die praktyk was die ondergrondse SAKP die liggaam wat beleid gemaak en soos alle kommunistiese partye oor gewelddadige revolusie gefantaseer het. Onder die omstandighede van destyds was dit egter ‘n vae droom wat vir die afsienbare toekoms nooit verwesenlik sou word nie.

Eintlik sou sowel die SAKP as die ANC doodgeloop het, as dit nie was vir die publisiteit wat liberale Engelse koerante, veral die Johannesburgse Rand Daily Mail, aan die ondergrondse party verleen het nie. Vir die grootste deel van sy geskiedenis het die ANC-SAKP uit ‘n handjie vol radikale bestaan wat nóg oor die militêre nóg oor die finansiële middele beskik het om ‘n Suid-Afrikaanse revolusie van stapel te stuur.

Hendrik Verwoerd, die briljante redakteur van Die Transvaler, waarsonder die NP nooit die ’48-verkiesing sou gewen het nie, het besef dat die land hom sou moes voorberei om die Rooi Gevaar die hoof te bied. Daarom het hy en sy nakomeling PW Botha, begin om die weermag uit te brei. Tot aan die einde van die sewentigerjare het Suid-Afrika tot die Westerse invloedsfeer behoort en soos mev. Thatcher tot in 1987 nog gesê het: “Enigeen wat dink dat die ANC die regering in Suid-Afrika gaan oorneem, leef in ‘n malhuis.” (Sy het die woord “cloud-cuckoo land” gebruik: Anyone who thinks the ANC is going to run the government in South Africa is living in cloud-cuckoo land.)

Die uitgerekte “hoogverraadverhoor” van 1956-1961 het op ‘n skaakmatsituasie uitgeloop, want die regering kon nie die uiteindelike 30 aangeklaagdes, waaronder lede van die SAKP en hul swart marionette in die vorm van Mandela, Sisulu en ander, skuldig bevind kry nie. Die publisiteit rondom die saak het egter vir die SAKP belangrike geldelike steun vanuit die buiteland beteken. Ook die Sowjet-ambassade in Londen het begin om 30 000 pond per maand aan die SAKP te skenk, maar dit was natuurlik ‘n druppel aan die emmer om Slovo en sy vrou se projek – om die land met geweld te oorrompel – te verwesenlik. Slegs ‘n week nadat Slovo en Mandela in 1960 vrygespreek is omdat die staat nie kon bewys dat hulle sabotasie wou pleeg nie, het hulle hul tot “die gewapende stryd” – eintlik terreur op burgerlikes – verbind.

Dog ná die fameuse Rivoniaverhoor in 1964 toe feitlik die hele ondergrondse leierskap van die ANC wel aan hoogverraad skuldig bevind is, waaronder Mandela self, is die revolusionêre beweging weereens in ‘n krisis gedompel. Slegs ‘n paar uitgewekenes, waaronder Slovo en Ruth First, het in Londen oorleef danksy die Sowjet-aalmoes. In 1969 was daar sprake daarvan dat die ANC formeel sou ontbind omdat dit slegs in naam as ‘n skimorganisasie nog voortgeleef het, maar by die konferensie in Mogorogoro, ‘n wildreservaat, het die SAKP onder Slovo besluit om beheer oor die organisasie oor te neem en dit voortaan as die “swart spreekbuis” of frontorganisasie van die SAKP te gebruik. Nog ‘n belangrike gebeurtenis het die vorige jaar plaasgevind toe ‘n ekstreemlinkse eerste minister en simpatiseerder van die SAKP, Olof Palme, in Swede eerste minister geword het. Die giftig anti-Afrikaanse skryfster, Nadine Gordimer, ‘n huisvriendin van “daardie wonderlike Slovo’s” soos sy na hulle verwys het, het in die vyftigerjare met die Sweedse joernalis en skrywer, Per Wästberg, bevriend geraak. Wästberg is onder meer uit die ou Rhodesië verban en het ‘n boek teen dié land en teen Suid-Afrika in Sweeds onder die titel På svarta listan (Op die swartlys) (1960) uitgegee. Hy het ook artikels teen Suid-Afrika en Afrikaners in Swede se mees invloedryke koerant, die Dagens Nyheter, geskryf. Dié Stockholmse dagblad word deur die Bonnier-groep uitgegee, wat aan Swede se rykste Joodse familie behoort.

‘Die Joodse konneksie’

Hoewel die meeste mense die magstryd tussen 1948 en 1994 as ‘n botsing tussen swart en wit sien, kan dit ook as ‘n stryd tussen Afrikaners en Jode beskou word. Die digter en voormalige redakteur van Rapport, Izak de Villiers, het my op ‘n keer daarop attent gemaak dat die meerderheid aangeklaagdes in die Rivoniaverhoor taamlik welvarende Jode was en, buiten Mandela en Sisulu, geen “swart verdruktes” nie. Diegene wat tot die binnekring van die revolusie behoort het, soos die Slovo’s, die Bernsteins, Ronnie Kasrils, asook die Rivonia-beskuldigdes self, was merendeels van Joodse, spesifiek Litause afkoms. Die sleutelverdagtes in die saak was: Denis GoldbergLionel “Rusty” BernsteinBob HeppleArthur GoldreichHarold Wolpe en James “Jimmy” Kantor.

Slovo is nie eens in Suid-Afrika gebore nie, maar in Litaue en het eers op die ouderdom van tien in Johannesburg aangekom. Dié Oos-Europese kommunis en sy gade, Ruth, sou ‘n sleutelrol speel om die eens magtige Afrikanervolk en sy voorhoedeparty, die NP, tot ‘n val te bring en selfs Afrikaans tot ‘n derderangse spreektaal te reduseer.

Terwyl die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes in 1963 toe die SAKP-lede in hegtenis geneem is, hom van die beskuldigdes en hul radikale politiek gedistansieer het, het die SAJRA hom meer onlangs met hulle vereenselwig en hul mislukte sabotasiepogings ooreenkomstig die huidige tydsgees as ‘n heldedaad beskryf.

Ook in die Sowjetunie en in Oos-Duitsland moes verhoudinge tussen Jode goed gevlot het, want die hoof van die berugte Oos-Duitse Stasi, Markus Wolf, was ‘n Jood, terwyl Slovo se regterhand, Ronnie Kasrils, lang tydperke in Odessa met sy groot Joodse gemeenskap deurgebring het. Volgens die Jewish Virtual Library:

From the 1880s until the 1920s the Jewish community of Odessa was the second largest in the whole of Russia (after *Warsaw, the capital of Poland, then within czarist Russia) and it had considerable influence on the Jews of the country. The principal characteristics of this community, and responsible for its particular importance, were the rapid and constant growth of the Jewish population and its extensive participation in the economic development of the town, the outstanding “Western” character of its cultural life and numerous communal institutions, especially educational and economic institutions, the social and political activity of the Jewish public, the mood of tension and struggle which was impressed on its history, and the Hebrew literary center which emerged there.

Kasrils se “Odessa-notaboeke” is redelik onlangs aan die Universiteit van die Witwatersrand, sy en Slovo se alma mater, vir bewaring oorhandig. Toe ek ‘n lid van die Wits-SR in die laat-sewentigerjare was, was ek een van slegs twee nie-Jode op die SR. Studente en dosente van Wits, asook Ikeys, het in die sewentigerjare ‘n sleutelrol in die propagandaveldtog teen die NP-bewind gespeel en ‘n Wits-studenteleier uit dié tyd, Glen Moss, beweer selfs dat húlle en nie Slovo nie, die Afrikanerbewind tot ‘n val gebring het. Dié bewerings word deur Moss in sy boek, The new radicals: a generational memoir of the 1970s, gemaak.

‘n Mens sou die stryd wat tussen die SAKP en die NP tussen 1948 en 1994 gewoed het dus as ‘n identiteitskonflik tussen Afrikaners en Jode kon beskou. Hoewel Bram Fischer as “Afrikaner” ook lid en selfs op ‘n stadium leier van die SAKP was, het die leidende Litause Jode in dié party geen geheim van hul afkeer van Afrikaners en Afrikaans gemaak nie. Dat die swart onderwysers in Soweto, wat so sterk onder invloed van die SAKP en veral die Anglikaanse Kerk gestaan het, dus Afrikaans tydens die onluste van 1976 sou verwerp, is geen verrassing nie. Die Johannesburgse Engelstalige dagblaaie soos The Star en die Rand Daily Mail het die onluste so georkestreer dat dit as ‘n “opstand teen Afrikaans”, sowel plaaslik as in die buiteland, geïnterpreteer is. Tot vandag toe neem leerlinge in Soweto vrywillig Afrikaans, in weerwil van die jare lange propaganda teen die taal vanuit die Engelstalige media. Feit is egter dat die Rand Daily Mail vir baie jare ‘n baie anti-Afrikaanse koerant was wat oor ‘n groot aantal Joodse joernaliste beskik het. Laurence Gandar, die links-liberale redakteur wat Helen Suzman (gebore Gavronsky) se vernaamste pleitbesorger in die media was, is deur Benjamin Pogrund bygestaan. Pogrund het later Israel toe verhuis.

Volgens haar biograaf en die voormalige Britse ambassadeur in Suid-Afrika, Robin Renwick, het Suzman haar eens gevoel met die SAKP-gevangenes op Robbeneiland en haar parlementêre voorregte gebruik en selfs misbruik om die NP konstant, met die steun van Gandar en Pogrund se Rand Daily Mail, aan te val en te verguis.

Ek sou graag hierdie oorsig oor 1948-1994 korter wou stel, maar sal die res, waaronder die opbloei van Afrikaans en Afrikanerskap vir ‘n dekade of twee voor die val, in ‘n opvolgrubriek behandel. Wat vir my belangrik is, is dat mense moet besef dat die Afrikaner tans ondergang in die gesig staar, nie omdat hy ‘n “bose bewind” bedryf het nie – daar was en is vele “bose bewinde” op aarde – maar omdat daar ‘n identiteitstryd in die land tussen twee hoofsaaklik blanke groepe gewoed het. Die een faksie was radikaal en kommunisties, die ander konserwatief en nasionalisties, en boonop het hulle twee verskillende tale gepraat. Selfs die konflik onder die Zoeloes in Natal wat deur Anthea Jeffery met die term “volksoorlog” (People’s War) beskryf word, kan as ‘n verstekoorlog tussen die twee groepe gesien word. Aan die aan kant was daar die Afrikaners met hul bondgenote in die vorm van die tuislandleiers, asook behoudende bruinmense, Indiërs en Engelssprekende blankes, en aan die ander kant die SAKP met sy sterk Joodse kleur, wat weer sy eie frontorganisasie in die buiteland, die ANC, met fondse en publisiteit aan die gang gehou het.

Hierdie konflik is natuurlik nog lank nie verby nie, want die ineenstorting van die NP, KP en ander Afrikanerpartye, het ‘n magsvakuum in die land geskep wat genadeloos deur die SAKP en die radikale faksie uitgebuit word. Dat die revolusie vorentoe verder gaan radikaliseer, besef selfs die links-liberale Nasperskoerante, wat gewoonlik geheel en al blind vir die werklikheid is. Net gister skryf Beeld in ‘n hoofartikel getitel ANC moet besin oor sy koers met landbou:

Boere word pal in die duister gehou oor sake soos dié, en die magshebbers doen aankondigings sonder dat hul onderhandelingsvennote daarvan weet en terwyl voorstelle steeds op die tafel is…

Met ’n ekonomiese ramp en gepaardgaande werkverliese én ’n ANC wat daarop afstuur om metro’s soos Port Elizabeth en Pretoria aan die opposisie af te staan, is grond natuurlik ’n al hoe aanlokliker trekpleister om stemme mee te probeer hou.

Laat daar egter geen twyfel wees nie: As die ANC hom eers op só ’n populistiese weg begewe, is dit laat vir Suid-Afrika. Dán is daar immers min verskil tussen pres. Jacob Zuma se ANC en Julius Malema se EFF.

Asof die ANC-SAKP hom hoegenaamd aan sulke pleidooie in Afrikaans, die “taal van die vyand”, sou steur!

Volgende keer in Deel 2 skryf ek oor hoe Afrikaners aanvanklik in die sestiger- en sewentigerjare sterk begin staan het, maar daarna onder mekaar begin baklei en in ‘n al hoe meer verwarde strategie of gebrek daaraan begin verval het, totdat hulle uiteindelik uit die pad gevee en vandag as ongewenste “koloniale immigrante” in die land beskou word.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.