Duitsland ondersoek ‘n saak van hoogverraad teen ‘n nuuswebtuiste wat volgens berigte berig het oor planne om staatsmeeluistering van aanlyn-kommunikasie te verskerp.
Volgens die Duitse media is dit die eerste keer in meer as 50 jaar wat joernaliste van hoogverraad beskuldig word.
Joernaliste Andre Meister en Markus Beckedahl is in kennis gestel van die ondersoek op 24 Julie.
Die meeste veroordeel die optrede en noem dit ‘n aanval op die vryheid van die media. Die Duitse Joernalistevereniging (DJV) eis dat die staat dadelik die klag terugtrek.
‘n Woordvoerder van die staatsaanklaer sê hulle stel ondersoek in na artikels wat op Netzpolitik-punt-org gepubliseer is.
Dit volg na ‘n klagte deur Duitsland se binnelandse intelligensie-agentskap. Die artikels is glo op geheime dokumente gegrond wat uitgelek is.