Polisiekantoor wat plaasaanvalle moet keer onbeman

Deel op

Die waarnemende polisiekommissaris vir Noordwes, Jacob Tsumane het vandag die situasie by die Assen-polisiekantoor in die verre oostelike deel van die provinsie, sterk veroordeel.

Dit volg nadat die kantoor Dinsdagmiddag glo onbeman aangetref is. Die stasie bedien hoofsaaklik landbougemeenskappe.

Tsumane het vanoggend in ‘n verklaring gesê die stand van sake is onaanvaarbaar. Hy het opdrag gegee dat die groepsbevelvoerder ‘n formele ondersoek begin.

Afsonderlike voorvalle in Coligny en Vrede hierdie afgelope maand het intussen weer die kollig op plaasaanvalle geplaas.

Agri-Noordwes se Boeta du Toit sê met dit in gedagte, moet daar streng opgetree word teen skuldige partye.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.