FBI kla ISIS-lid van bomkomplot aan

Deel op

Die Amerikaanse Federale Buro van Ondersoek (FBI) het Harlem Suarez (23) van Key West, Florida, aangekla vir sy planne om ’n bom versteek in ’n rugsak te laat ontplof.

Hy is ’n selfverklaarde ondersteuner van die Islamitiese Staat (ISIS).

Suarez het onder die owerhede se aandag gekom nadat hy ekstremistiese boodskappe op Facebook gepubliseer het.

’n Gebruiker van die sosiale media het die polisie gekontak nadat Suarez na bewering probeer het om hom te werf om ISIS te ondersteun, het die FBI bekend gemaak.

“Ek gaan die rugsak doen,” het Suarez na bewering gesê met verwysing na ’n vorige bespreking om ’n bom in ’n rugsak te versteek en te laat ontplof.

Suarez het later ook iemand wat met die FBI saamwerk, betaal om ’n telefoonbeheerde bom vir hom te bou. Volgens die klagstaat het Suarez beplan om die bom op ’n strand te begrawe en dit van ’n afstand af te laat ontplof.

Volgens die FBI het Suarez op sy Facebook-blad gehou van die blaaie “jihadiste” en “buitengewone gebed vir ISIS”.
Suarez het ook ’n aanlyn bestelling vir ’n AK-47 masjiengeweer geplaas, sê die FBI.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.