Duitser vermoedelik agter Somaliese bomaanval

Deel op

Aanvanklike inligting in die voortgesette ondersoek na die hotelbom in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, dui daarop dat die bomaanvaller waarskynlik ’n Somalies-gebore Duitse burger was, het AFP berig.

Hy het met ’n vragmotor vol plofstof in die hotel ingejaag. DNS-toetse word nou op die oorblyfsels van die oorskot van die bomaanvaller gedoen. Regeringsbronne sê die vermeende bomaanvaller het die afgelope paar jaar in Somalië gewoon.

Verskeie Somaliërs met dubbele burgerskap het in die verlede selfmoordbomaanvalle uitgevoer. In Februarie het ’n Nederlands-Somaliese man en vrou hulself in Mogadisjoe se Central Hotel opgeblaas en die lewe van minstens 25 mense geëis.

In 2008 het die eerste Amerikaanse selfmoordbomaanvaller, die 26-jarige Amerikaans-Somaliese burger Shirwa Ahmed, homself in Puntland in die noorde van Somalië opgeblaas.

Die Al-Kaïda-­geaffilieerde Al-Sjabaab-terreurorganisasie het ’n lang geskiedenis waarin geradikaliseerde lede van Somalië se wydverspreide diaspora asook buitelandse vegters gelok word.

Die groep veg om die Westers-gesteunde regering in Mogadisjoe omver te werp.

Die Münchense tydskrif “Focus” het vroeër berig dat sowat 15 Duitsers tans in Somalië saam met die terreurgroep Al-Sjabaab veg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.