Senior ANC-lid pleit vir boendoegereg voor sy eie vonnis

Deel op

Ten minste een lid van die ANC se uitvoerende komitee in die Wes-Kaap is keelvol vir misdaad, alhoewel hyself met die gereg gebots het.

Andile Lili meen misdadigers moet “onmiddellik en gewelddadig” doodgemaak word in boendoeverhore.

Hy het die uitlating Dinsdag voor die landdroshof in Bellville gemaak waar hy aanstons gevonnis sal word weens ’n oortreding van die Burgerlugvaartwet.

Lili en nog agt mense was twee jaar gelede betrokke by ’n voorval waar mense-ontlasting by die Kaapstadse Lughawe uitgekeer is.

Die hofverrigtinge is egter uitgestel.

Lili het ‘n skare opgesweep oor die land se onvoldoende regstelsel. Talle misdadigers wat gearresteer word, word deur die regstelsel vrygelaat, het hy gesê. “Die enigste ding wat ons kan doen, is om ’n misdadiger dadelik dood te maak wanneer ons hom vind.

“Ons moet hulle doodmaak, kamerade! Ons bevry ons van misdadigers. Die polisie probeer, maar die regstelsel laat ons in die steek.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.