Karel Combrinck: Linkser val jy af

Deel op

Ons lewe sedert die Tweede Wêreldoorlog in ‘n wêreld wat geheel en al in ‘n linksliberale rigting beweeg het, of liewer, gedwing is. Die meeste Westerse samelewings is so links dat as hulle net nog ‘n treetjie verder links gee, dan val hulle heeltemal van die aardbol af. Selfs die sg . « regse » regerings, wanneer daar een is, is so links dat ‘n mens met hulle kan toor. Die rede vir dié linkse diktatuur is natuurlik dat dit bepaalde mense se politieke en ekonomiese belange dien.

Lesers mag wonder wat Westerse verwording met ons te make het. Maar dis juis daar waar ons ondergang bewerkstellig is: in Londen, Washington, Parys en Stockholm, in samewerking met meelopers en verlooptes hier by ons, die De Klerks en Meyers en Bothas en Wesselse. Kyk nou net weer die linkse gegorrel van Naspers se me. Weideman oor apartheid. Sonder die morele, politieke en finansiële steun uit daardie oorde sou die ANC net nooit iets teen ons uitgerig gekry het nie.

Kom ons neem Frankryk byvoorbeeld. Daar is tussen die « regse » regerings (UMP) en die bykans bolsjewistiese linkse sosialistiese regerings (PS) van die afgelope dertig jaar so min verskil dat Marine Le Pen van die Front National hulle herdoop het na die UMPS. Op so te sê elke belangrike beleidspunt het die UMP en PS oor die afgelope dertig jaar presies dieselfde linkse beleid gevolg. As voorbeeld kan dien die immigrasiepolitiek. Onder die linkse en »regse » regerings was die immigrasiesyfers uit die Derde Wêreld gedurende daardie tydperk ongeveer identies.

Maar in enkele opsigte oortref die huidige sosialistiese bewind tog die « regses » sover dit fanatisme en onverdraagsaamheid aangaan. Geen werklike kritiek of teenstand teen die sosialistiese bewind en sy « waardes » word gedoog nie. Telkens wanneer iemand dit sou waag om een van die heilige koeie van die regime (waardes) te bevraagteken, dan begin hulle naarstiglik skarrel na wette, waarvan hulle reeds ‘n arsenaal het, om die skuldige mee by te kom en uit te skakel. En as daar nog nie ‘n geskikte wet is nie, dan maak hulle net nog een. ‘n Ander metode is boetes en skadevergoedings aan « gekrenktes » en dan, die dodelike wapen van ‘n belastingondersoek waarteen geen mens bestand is nie. Terloops , die gekrenktes is meesal ‘n dosyn Joodse organisasies met mooiklinkende name soos die MRAP, LICRA, SOS RACISME, CRIF, UEJF ens – organisasasies wat op belastinggeld vegeteer ten spyte van die rykdom van hulle lede en wat, terloops, oor die jare ook op die voorpunt was van die veldtog teen Suid-Afrika.

En die heiligste van heilige koeie is natuurlik die geskiedenis van die Tweede Wêreldoorlog, die private besit van die linkses, waarvan die amptelike weergawe nie bevraagteken mag word nie. Die amptelike weergawe is nou byvoorbeeld dat daar presies ses miljoen Jode in strafkampe omgekom het, waarvan die meeste in gaskamers, ens. Geen bespreking, navorsing, ondersoek of kritiek word geduld nie. Heilig, heilig, heilig. ‘n « Waarheid » wat nie ondersoek mag word nie. So ‘n »waarheid » is nie ‘n waarheid nie, kan dit ook nie wees nie, maar by die linkses gaan dit net verby. Hulle is die weg en die waarheid.

Tans is daar drie regsgedinge aan die gang teen onderskeidelik, die stigter en voormalige leier van die Front National, Jean-Marie Le Pen, die hoogs produktiewe intellektueel, skrywer, filosoof en uitgewer, Alain Soral en die komediant Dieudonné. Hofgedinge teen hierdie drie is so te sê ‘n permanente kenmerk van die Franse samelewing.

Die huidige aanklag teen Jean-Marie Le Pen is dat hy onlangs in ‘n televisie-onderhoud die stelling gemaak het dat die gaskamers ‘n besonderheid (détail) van die Tweede Wêreldoorlog was. Hy het die stelling al tevore gemaak en is reeds ses keer daarvoor veroordeel en beboet. Hierdie keer het die joernalis hom spesifiek gevra of dit steeds sy mening is dat die gaskamers ‘n détail is en hy het gesê ja. Daarvoor word hy nou weer vervolg! Dit is dus duidelik dat Le Pen vervolg word vir sy mening, vir wat hy dink, wat baie herinner aan die Thought Police van George Orwell se boek, 1984. Ironies en verontrustend is dat Marine Le Pen haar pa nou om dieselfde rede uit die Front National geskors het. Maar nou ja, die weë van politici is soms duister.

Dieudonné is ‘n (swart) komediant wat reeds ‘n twintigtal veroordelings agter die rug het vir verskillende vorms van – « rassisme » ! Die rassisme waaraan hy skuldig is, is dat hy durf waag om tydens sy vertonings grappe oor Jode te maak, of dat hy bv. wandade van die Israeliese weermag teen Palestyne aan die kaak stel. Dus tree hier skynbaar ‘n soort hiërargie van rassevoorkeure te voorskyn: Vir die wittes is die swartes heilige koeie, maar wanneer ‘n swarte ‘n Jood kritiseer, dan is die Jood ‘n heiliger koei as die swarte. Die arme mense is so toegespin in hulle ideologiese absurditeite dat hulle met moeite nog kan wriemel. Dit kan net genoem word dat die tydskrif Charlie Hebdo, ‘n hekeltydskrif wat vir die merendeel deur Jode bedryf word en wat die mees gruwelike lastermateriaal oor Christene en Moslems publiseer, die volle simpatie van die Franse politieke stelsel geniet.

Maar onder die vervolgingsages is die geval van Alain Soral sekerlik die indrukwekkendste. Alain Soral lewe omtrent permanent in die skaduwee van regsvervolging, mediaverguising en staatsoptredes van allerlei aard op aanklag daarvan dat hy die allesoorheersende mag en invloed van die Joodse lobby op die tafel plaas. Hy skuld reeds tienduisende euro’s aan boetes en skadevergoedings, dermate dat hy nou besluit het om liewer tronk toe te gaan as om die boetes te probeer betaal. Die Franse regering kan omtrent nie voorbly om die boeke wat hy skryf of uitgee, te verbied nie.

Pas het die Franse parlement wetgewing aangeneem om meeluistering en spioenasie op Franse burgers te wettig, sg. om die terroristebedreiging die hoof te bied. Die Front National en mense soos Dieudonné en Alain Soral meen die veiligheidswetgewing is bedoel om hulle hok te slaan en dat die terroristestorie net ‘n gerieflike dekmantel is om dit te bewerkstellig; baie soos in Suid-Afrika ook waar die geheime dienste gebruik is om « regses » by te kom in stede van Suid-Afrika se werklike vyande. As hulle Suid-Afrika se werklike vyande wou bykom, moes hulle eerder gekonsentreer het op FW de Klerk en sy gabbas.

En die Franse banke is ook nie links nie (komieklike uitdrukking!). Waarom sou hulle wees ? Hulle behoort dan aan dieselfe oligargiese kliek. Banke weier dus om lenings te gee aan die Front National, terwyl banke die rekenings van mense soos Dieudonné en Alain Soral summier sluit. So moes die Front National bv. onlangs noodgedwonge ‘n lening by ‘n bank in Rusland gaan soek, iets waarvoor hulle nou weer deur die linkse media gekritiseer word omdat hulle met ‘n vreemde moondheid en nogal Rusland in die bed sou wees.

Dit is dus die verhaal van hoe linkse regerings hulle ideologiese heilige koeie beskerm en kritici die mond snoer: regsgedinge, boetes, belastingondersoeke, afluisteringsmetodes, weerhouding van toegang tot finansiële bronne, weiering van toegang tot die media, intimidasie, morele en geestelike aftakeling van allerlei aard, so eg op die Goelagmodel.

Die dag sal wel kom dat die waarheid omtrent die Tweede Wêreldoorlog en die gevangenekampe aan die lig gaan kom. Miskien gebeur dit wanneer die Russe besluit om die argiewe oor daardie tydperk wat in hulle besit verkeer, openbaar te maak. Die laaste ding wat die linkses en hulle meesters kan bekostig, is dat die waarheid op die lappe moet kom. Die mite rondom die kampe is juis die afgelope sewentig jaar die kern van hulle propagandakapitaal ten einde die Westerse mensdom in skuld en skaamte en onderdanigheid te hou. As daar een ding is wat die linkse wêreld en sy meesters nie kan bekostig nie, is dit die waarheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.