Obama, VN waarsku teen terreur en burgeroorlog

Deel op

Pres. Barack Obama sê die bomaanval op Somalië se hoofstad is ’n wekroep dat terreurgroepe soos Al-Sjabaab niks anders as verwoesting aan te bied het nie en gestop moet word.

Obama het tydens ’n gesamentlike nuuskonferensie met eerste minister Hailemariam Desalegn in Addis Abeba, Ethiopië, gepraat. Hy sê Amerika en ander lande moet die druk op groepe soos Al-Sjabaab volhou.

Obama sê Al-Sjabaab is ’n ernstige bedreiging vir Ethiopië.

Dié Oos-Afrikaland is ’n vennoot van Amerika in die stryd teen terrorisme en deel inligting met Amerikaanse afgevaardigdes. Amerika het ook troepe gestuur om Somalië by te staan om die onstabiliteit in die land die hoof te bied.

Die Verenigde Nasies (VN) se hoof van bystand, Stephen O’Brien, het intussen gewaarsku oor die verwoestende gevolge vir burgerlikes in Suid-Soedan ná 19 maande se burgeroorlog wat deur gruweldade gekenmerk is.

O’Brien was op ’n vierdaagse besoek om “eerstehands die gevolge van die konflik en die pogings wat deur sy bystands­organisasie aangewend word” in reaksie op die toenemende behoeftes waar te neem.

Volgens ’n VN-verslag is honger­snood aan die toeneem.

Byna 70 persent van die land se bevolking, oftewel 7,9 miljoen van die 11,6 miljoen inwoners, staar voedselonsekerheid in die gesig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.