Deneysville-inwoner sink in riool weg

Deel op

‘n Swart inwoner van Deneysville se lokasie, Johannes Tlali sê die stank wat hom elke oggend groet as hy sy voordeur oopmaak, is ondraaglik.

Rou riool is al reeds sedert Oktober verlede jaar besig om by sy voordeur op te dam.

Hy het aan OFM-nuus se Cathy Dlodlo gesê dat beloftes deur die munisipaliteit om sy probleem op te los tot vandag toe nog nie nagekom is nie.

Tlali sê dit is nie eers moontlik om ‘n paar mieliepitte in die grond te sit nie, want sy voor- en agterstoep is deurdrenk met rou riool.

Die rou vuil lek glo ook direk in die Vaaldam.

Metsimaholo-munisipaliteit wil glo ‘n pyplyn bou wat rou riool sal pomp uit Refenkgotso na die Vaaldam in ‘n poging om druk te verlig op die nie-funksionerende rioolaanleg in die dorp.

Die munisipaliteit se beplande rietfilterprojek in die middel van Deneysville is met teenkanting van die gemeenskap begroet, waarna daar besluit is op die pyplyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.