Krieketreus groet, Tutu weer in hospitaal

Deel op

Clive Rice, oudkrieketkaptein van Suid-Afrika en Transvaal is Dinsdag oorlede.

Die 66-jarige Rice is in Maart in Indië geopereer om ‘n gewas in sy brein te verwyder. ‘n Neurochirurg in Suid-Afrika het hom egter met sy terugkeer ingelig dat daar niks meer is wat hulle vir hom kan doen nie.

Die Krieketraad se uitvoerende hoof, David Richardson, sê Rice was een van krieket se grotes en een van die beste veelsydige spelers wat die spel opgelewer het.

Rice het nie doekies omgedraai oor die afgelope drie dekades se leuens, dubbele standaarde en omgekeerde rassisme in die land nie.

Hy het vir opslae gesorg in 2004 toe hy gesê het raspolitiek in sport sleep die land af na die vlak van Zimbabwe.

Rice, beroof van ‘n speelkans weens die isolasie van Suid-Afrika se toetskrieket, het gesê wit spelers word uit die land gedryf in groot getalle want “hier geen toekoms nie”.

Intussen is die Anglikaanse aartsbiskop Desmond Tutu, 83, weer in die hospitaal opgeneem, ‘n week nadat hy ontslaan is.

Hy is verlede Dinsdag uit die hospitaal ontslaan nadat hy vir ‘n longaandoening behandel is. Sy dokters het dit egter nodig geag om hom weer in die hospitaal op te neem vir waarneming.
 
Sy toestand hou glo nie verband hou met sy behandeling vir prostaatkanker nie. Sy onkoloog het gesê sy antigeenvlakke is beveredigend.
 
Dit is nie duidelik of die jongste behandeling om longinfeksie te behandel ‘n sukses was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.