‘Apartheidslagoffers’ kan nie van Ford, IBM eis sê hof

Sogenaamde slagoffers van apartheid in Suid-Afrika kan nie voortgaan met regsgedinge teen die motorvervaardiger, Ford en die rekenaarreus IBM, oor hulle destydse sakebedrywighede in Suid-Afrika nie.

Dié maatskappye het glo meegewerk om die destydse stelsel in stand te hou, volgens eisers.

‘n Amerikaanse federale appèlhof in New York het egter beslis dat swart Suid-Afrikaners nie kon bewys dat Ford en IBM tot so ‘n mate betrokke was om enige regsgedinge oor hulle beweerde betrokkenheid by menseregteskendings te regverdig nie.

Die eisers het die hof genader na aanleiding van ‘n wet van 1789 ingevolge waarvan nie-Amerikaanse burgers skadevergoeding in Amerikaanse howe kan eis vir menseregteskendings in die buiteland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.