‘n Nuwe terrein is in Pretoria geïdentifiseer om “omstrede” standbeelde te huisves.
Dit volg na die verwydering van standbeelde ná vandalisme teen koloniale en Afrikanermonumente.
Die Gautengse LUR vir Sport en Ontspanning, Molebatsi Bopape, sê die provinsiale regering het die Fonteine-oord geoormerk as die nuwe nasionale monument- en erfenisgebied om die standbeelde te huisves.
Sy sê geen standbeelde in Gauteng sal vernietig word nie.