Telkom-hoof kry R19 miljoen sonder ‘n dag se werk

Deel op

Die voormalige finansiële hoof van Telkom het in 2013 nagenoeg R19 miljoen verdien sonder om ‘n dag te werk.

Telkom het gister sy geïntegreerde verslag vir die jaar tot einde Maart bekend gemaak. Volgens die verslag was Jacques Schindehütte se gewaarborgde pakket R6,5 miljoen en het hy ook “by- en ander voordele” van R12,2 miljoen vir die jaar in sy sak gesteek.

Dit is ook sowat R6,4 miljoen meer as Sipho Maseko, Telkom se uitvoerende hoof, wat R12,3 miljoen vir die jaar verdien het.

Schindehütte is in 2013 geskors in verband met vrae oor “persoonlike wangedrag” en het op 8 Augustus 2014 bedank. Telkom het daarna ‘n ondersoek deur ‘n onafhanklike regsfirma geloods.

Telkom het in Augustus 2014 gesê Schin­dehütte tree uit met sy volle aftreevoordele en dat die dissiplinêre verhoor nie voortgaan nie. Die rede vir Schindehütte se skorsing is nooit bekend gemaak nie.

Telkom het tot dusver ontken dat die verhoor verband hou met ’n rentevrye lening van R6 miljoen wat aan Schin­dehütte toegeken is en waarmee hy Telkom-aandele gekoop het.

Die lening is gemagtig voordat dit deur die direksie goedgekeur is. Schindehütte het glo die geld intussen terugbetaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.