Naspers vra om verskoning vir apartheid

Deel op

Media24 se uitvoerende hoof, Esmaré Weideman het om verskoning gevra vir die rol wat Naspers gespeel het tydens apartheid.

By die eeufeesviering van Naspers en Die Burger in Kaapstad, het Weideman medepligtigheid aan ‘n moreel onverdedigbare politieke regime erken asook die kwetsende manier waarop dit in nuuskantore en raadsale uitgespeel het.
 
Sy het gesê daar is terugskouend baie om op trots te wees, maar ook baie om ‘n mens se kop in skaamte te laat hang en daarvoor ‘n formele verskoning aangebied.
 
Toe apartheid afgeskaf is, het die Afrikaanse pers geweier om ‘n voorlegging aan die Waarheid-en-Versoeningskommissie te maak.
 
Meer as 100 Afrikaanssprekende joernaliste het egter later aan die WVK beëdigde verklarings in hul individuele hoedanigheid voorgelê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.