Twee verdagtes wat in hegtenis is vir die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Vrede verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike periodieke hof.
Paul May Zulu (39) en Thabho Shadrac Motloung (31) sal formeel om borgtog aansoek doen. Beide staar aanklagte van poging tot moord, huisbraak en gewapende roof in die gesig.
Johannes Kritzinger en sy vrou Rita is op 12 Julie ernstig beseer toe hulle op hul plaas Brakdam aangeval is. Beide het skietwonde opgedoen.