Obama kom in Ethiopië aan

Deel op

Die Amerikaanse president, Barack Obama het in Ethiopië aangekom vir die tweede been van sy besoek aan Afrika, het RSG berig.

Samesprekings oor terreur in Oos-Afrika gaan na verwagting hoog op die agenda wees, met duisende Ethiopiese soldate wat deel vorm van ‘n vredesmag teen al-Shabaab militante in Somalië.

Dit volg na ‘n ontploffing gister by ‘n hotel in die Somaliese hoofstad Mogadishu, waarin minstens dertien mense dood en meer as 40 gewond is.

Al-Shabaab het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar. Obama het tydens sy besoek aan Kenia die naweek gepraat oor die bedreiging wat die militante groep inhou, en die vordering wat reeds deur Afrika Unie-magte gemaak is.

Obama sal met die Ethiopiese eerste minister, Hailemariam Desalegn en die President, Mulatu Teshome vergader.

Hy gaan na verwagting ook die Afrika Unie se hoofkwartiere in Addis Ababa besoek, en met die voorsitter van die AU kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma vergader.

Obama se reis na Kenia gereis is sy eerste besoek sedert hy president geword het, aan die vader­land van sy beweerde pa.

Hy sal van Kenia na Addis Abeba reis en die eerste Amerikaanse president word om Etiopië te besoek.

“Ondanks vele uitdagings wat die vasteland in die gesig staar, is Afrika ’n dinamiese plek met van die vinnigste groeiende markte in die wêreld en wat uitsonderlike mense het,” het Obama vroeër gesê.

Hy sê die vasteland “het die potensiaal om die volgende sentrum van globale ekonomiese groei te wees”. Obama het gepraat by ’n geleentheid waar die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (AGOA) herdenk is. Die handelswetgewing is daarop gemik om Afrika te help om vooruitstrewend te raak.

Hy het voorbeelde genoem van prestasies gedurende sy termyn as president wat op beter betrekkinge tussen Washington en Afrika gemik is.

“Ons het Amerikaanse uitvoere vermeerder. Ons het geskiedkundige inisia­tiewe van stapel gestuur om handel en beleggings, gesondheid, voedselsekuriteit en landbouontwikkeling te bevorder en elektrifisering uitgebrei,” het Obama gesê.

Obama se besoek aan Afrika die week is sy vierde sedert hy president geword het, meer as enige ander Amerikaanse president. “As jou naam Barack Obama is, dink ek dit maak sin,” het hy geskerts.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.