Plaasaanvallers in polisie-uniforms kom weg

Deel op

Sewe swartes word deur die polisie in Wolseley gesoek nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het om ‘n plaas aan te val.

Die swartes het polisie-uniforms gedra toe hulle Woensdagaand teen 18:00 die plaas Avontuur aangeval het.

“Een van die mans het hom as ’n speurder voorgedoen,” het konst. Noloyiso Rwexana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, by navraag gesê.

Die gewapende aanvallers het die plaas­eienaar genader en terwyl hulle gesels het, het een ‘n vuurwapen uitgepluk en ‘n skoot afgevuur.

Hulle het die kluissleutels geëis en die plaaseienaar, sy vrou en ’n werknemer vasgebind, het Rwexana gesê.

Die aanvallers het met ’n onbekende bedrag geld en vuurwapens in ’n VW Polo van die plaas gevlug.

Niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.