Dawie Roodt in sy huis aangeval

Deel op

Hoofekonoom van die Efficient Group en tv-aanbieder, Dawie Roodt, word in Pretoria-Oos-hospitaal se hoësorgeenheid behandel nadat hy en sy gesin Donderdagaand in sy huis aangeval en vasgebind is.

Roodt se kollega, Willem Basson, sê Roodt se dogter het gisteraand omstreeks 20:00 van aandklasse teruggekeer toe sy buite in haar motor deur vier gewapende swartes ingewag is.

Basson sê hulle het haar in die huis gedwing en almal vasgebind. Hulle was gewapen met ‘n pistool en messe. Die swart aanvallers het dit duidelik gemaak hulle soek geld.

Volgens Basson het Roodt egter kopgehou en aan die rowers gesê hy het geld in sy motor. Hy sê Roodt kon daarin slaag om sy hande los te wikkel, terwyl hy en twee rowers met messe na sy motor gestap het.

Roodt het onder meer ‘n kopwond opgedoen toe hy en die twee rowers baklei het nadat hy sy hande losgekry het.

Volgens Basson was Roodt by sy volle bewussyn vanoggend toe hy hom in die hospitaal besoek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.