Swede, Italië, Spanje vat ISIS-ondersteuners vas

Deel op

Sweedse owerhede het twee burgers in hegtenis geneem op die vermoede van terrorisme-verwante oortredings.

Die Sweedse veiligheidspolisie het ‘n lasbrief vir ‘n derde verdagte uitgereik. Hullle het Donderdag gesê dat hulle die twee Sweedse burgers daarvan verdink van terreurdade, insluitende moord in Sirië in 2013.

Die twee persone is in hegtenis geneem in Göteborg.

Die Sweedse Minister van Binnelandse Sake Anders Ygeman sê die arrestasies is “baie bemoedigend.” Ygeman het bygevoeg dat die saak die eerste keer is dat militante wat na die buiteland reis om terrorisme te pleeg, deur Sweedse howe aangekla word.

Sowat 300 Swede het reeds in Sirië en Irak by militante terreurgroepe soos ISIS aangesluit.

Die polisie in Italië het ook dié week ’n Tunisiër en man van Pakistan in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle die Islamitiese Staat (ISIS) steun en aanvalle in dié land beplan.

Die mans is in Brescia, ’n klein dorpie naby Milaan, Lombardye, gearresteer, het die polisie in ’n verklaring gesê.

Die 35-jarige Tunisiër het volgens die polisie op Twitter “dreigemente geplaas en dit as komende van die Islamitiese Staat onderteken”. Bekende landmerke soos die Colosseum in Rome en die katedraal in Milaan is saam met die boodskappe geplaas.

Dié land se veiligheidsmagte is reeds maande lank op ’n gereedheidsgrondslag uit vrees vir aanvalle op ambassades, kerke, die Vatikaan en ander plekke wat baie toeriste lok.

Intussen het die polisie in Spanje ‘n man in hegtenis geneem wat vroue werf om te stuur na gebiede onder beheer van ISIS in Sirië.

Die ministerie van binnelandse sake het in ‘n verklaring gesê die 29-jarige Spanjaard is in hegtenis geneem Woensdag in Melilla, een van die twee Spaanse enklawestede in die noordweste van Afrika.

Beide Italië en Spanje probeer om ISIS-verwante terrorisme te keer.

Spanje het hierdie jaar sowat 50 vermeende jihadi militante en werwers in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.