Komediant wat dollars oor Blatter strooi aangekla

Deel op

FIFA-president Sepp Blatter is deur ‘n komediant met vals dollars gegooi.

Switserse owerhede het aangekondig dat ‘n klag teen die Engelse komediant Simon Brodkin, met die verhoognaam Lee Nelson, gelê sal word nadat hy ‘n Fifa-perskonferensie in Zurich Maandag onderbreek het.

Brodkin, geklee soos een van sy karakters, Jason Bent, het ‘n hoop banknote op die verhoog langs Blatter gaan neersit, nadat hy homself aangekondig het as ‘n afgevaardigde van Noord-Korea se 2026 Wêreldbeker-bod.

Toe hy deur sekuriteitspersoneel weggelei is, het hy die dollars tydens die perskonferensie Maandag by sokker se wêreldbeheerliggaam se hoofkantoor in Zürich oor Blatter gestrooi.

Blatter het bly sit.

Fifa het aangekondig dat ’n spesiale verkiesing op 26 Februarie 2016 gehou sal word om ’n nuwe president in die plek van Sepp Blatter te verkies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.