Verslag sê korrupsie in SA buite beheer

Deel op

Korrupsievlakke in Suid-Afrika is glo heeltemal buite beheer en byna enigiets kan teen ‘n prys verkry word.

Dit is volgens Steven Powell, mede-hoof van forensiese regsfirma ENSafrica wat kommer uitgespreek het dat korrupsie besig is om goed gevestig te raak in munisipaliteite en in die regering.
 
ENSafrica het sy 2015 anti-omkopery en korrupsie-opname vrygestel wat onder andere Suid-Afrika, Ghana en Nigerië, geïdentifiseer het as korrupsieneste.
 
Die opname het bevind dat voorvalle van omkopery in Afrika toegeneem het, maar terselftertyd het bewustheid oor anti-omkopery ook toegeneem.
 
Maar Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR), sê dit is moeilik om te bepaal of korrupsie werklik buite beheer is, want dit is moeilik om te kwantifiseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.