Wangedrag in parlement sal tot skorsing lei

Deel op

Parlementslede wat hulle aan swak gedrag skuldig maak en weier om die Nasionale Vergadering te verlaat, kan ‘n onmiddellike skorsing te wagte wees, het RSG berig.

Dit is een van die voorstelle wat aanvaar is deur die sub-komitee wat die reëls in die Nasionale Vergadering hersien het.

Die subkomitee het egter nie so ver gegaan as om te besluit dat parlementslede dadelik sonder betaling geskors kan word nie.

Die voorsitter van die komitee, Richard Mdakane sê lede wat ontwrigting veroorsaak kan vir tussen vyf en tien dae geskors word.

Aftrekkings van hul salarisse kan egter eers ná ‘n ondersoek plaasvind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.