Trump losvoor ten spyte van McCain-opmerkings

Deel op

Die miljardêr Donald Trump, wat hom as presidentskandidaat vir die Republikeinse party in die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing beskikbaar gestel het, het byna twee keer die ondersteuning van sy naaste teenstander.

Alhoewel sy onlangse uitlatings hom die argwaan van baie van sy partygenote op die hals gehaal het, was Trump se kritiek teen John McCain baie gewild by kiesers.

Hy het onvriendelike uitlatings oor die 2008 Republikeinse presidentskandidaat, senator McCain, gemaak en aangevoer dat hy “net gepraat het en niks gedoen het” om die lot van militêre veterane te verbeter nie.

Hy het ook gesê hy het meer bewondering vir diegene wat dit regkry om nie as krysgevangene geneem te word nie.

McCain het meer as vyf jaar in ’n krygsgevangenekamp in Viëtnam deurgebring nadat sy vliegtuig afgeskiet is en hy is gemartel. McCain het ook geweier­ om vóór medekrygsgevangenes vry­gelaat te word.

Ondanks kritiek van mede-­Republikeine, is amptenare van die party bekommerd om kiesers te verloor wat aangetrokke is tot Trump se supersterstatus.

Meningspeilings van die wedloop om die party se nominasie toon dat Trump steeds boaan die lys van Republikeinse aanspraakmakers is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.