Gelukwensinge stroom in vir Afrikanervrou wat swart huisrower doodskiet

Deel op

Nadat Beeld ‘n berig geplaas het oor ‘n vrou wat ‘n swart huisrower naby Mooinooi in Noordwes doodgeskiet het, stroom gelukwensinge steeds van lesers in. Tina du Toit het in ‘n hangkas weggekruip, maar kans gehad om haar rewolwer vanuit die kluis te gaan haal terwyl rowers die res van haar gesin, waaronder haar “hoogswanger” dogter en skoonseun, met ‘n koevoet, mes en pistool aangehou het.

Tina du Toit sê: “Ek kon sien hoe loop een van hulle verby die kas na my man toe. Hy dwing hom toe op sy knieë. ‘Ek skiet jou vrek, jou wit Boer,’ het een vir hom gesê terwyl hy die kabel om sy gewrigte probeer bind het. Hy was aggressiewer as die ander,” het Tina gesê.

“Hy kon dit nie regkry (om die kabel vas te bind) nie en het reguit na die kas gekom. Ek het die rewolwer reg gehou. Hy het in die kas begin grawe. Ek het die rewolwer reg gehou en hom vol in die gesig getref. Ek skiet hom toe weer ’n keer in die gesig,” het Tina gesê en begin huil.

Die koerant berig verder:

Die ander twee het weggehardloop toe hulle die skote hoor.

“Ek lees elke dag op Facebook van die plaasaanvalle en ek het elke keer gebid en gevra dat die Here my gesin moet beskerm en my in beheer moet plaas.”

Tina is verbaas oor hoe kalm sy was.

“Ek het God binne-in my gevoel toe ek daar in die kas gelê en wag het. Ek is so God-dankbaar-bly my gesin is orraait. My hele gesin kon voor my oë uitgewis gewees het.”

Sy is ook bang haar gesin se beproewing is nie verby nie.

“Nou leef ek met die vrees dat hulle kan terugkom. Hulle het die een wat ek doodgeskiet het 12 keer probeer bel – sy foon was nog by hom.”

Sy het nog nie ’n verklaring by die polisie afgelê nie weens die erge skok. Haar rewolwer is wel in die polisie se besit.

“Ek gaan nie sonder my rewolwer terug na die huis toe nie. As dit nie vir daai rewolwer was nie, was my hele gesin vermoor . . . Ek vrees wat voorlê.”

Daar woed iets van ‘n oorlog in die gebied tussen Rustenburg en Brits waar mnr. Braam Blignaut verlam is toe hy ‘n week gelede deur huisaanvallers geskiet is.

Op Netwerk24 se Disqus-kommentaarblad het lesers geesdriftig op Tina du Toit se optrede gereageer deur te sê:

Pieter du Toit: Mooi so Tina ons is trots opjou, mag Jesus vir julle styf in die holte van Sy hand bewaar En ek glo dat Hy engele opdrag sal gee om julle te bewaar. Vrede.

Frans van der westhuizen: UITSTEKEND, welgedaan, bravo, uiteindelik, mooi so. Mense dit is julle enigste uitweg want di polisie is hopeloos. Help en beskerm julle self. De hel met die res. Hoop dit gebeur sommer vele meer kere sodat hierdie kriminele tweekeer sal dink. Mooi so Tina jy behoort n goue medalje te kry vir jou braafheid. Ek is baie beïndruk.

Great Dane: Welgedaan Tina. Die ander twee sal verseker tweekeer dink voordat hulle wil teruggaan. As die polisie hulle sout werd is behoort hulle die twee op te spoor deur die selfoon oproepe.

Charl Hattingh: Mooi. Gee daai dame ‘n pallet vol Bell’s. Ons het meer suke mense nodig.

Riaan van Zyl: Wel, een van die drie sal dit nie weer doen nie. Sterkte.

Carl Jordaan: Tina, baie sterkte, julle is deur hel, en het dit oorleef. Julle behoort almal vir berading te gaan, dit is nie maklik om na so n slegte ervaring net weer normaal aan te gaan nie. Ons as Suid-Afrikaners is getraumatiseer, ons is stukkend, ons is kwaad, maar die wat verantwoordelik is vir wet en orde, voel vere.

7×57 M: Hoe kan die polisie die rewolwer by die vrou afneem? Dis nog n onding wat moet stop. Hulle besluit seker nog of sy van ” moord” aangekla moet word. Die staat behoort sulke slagoffers van geweldadige misdaad persoonlik te beskerm tot die ander vuilgoed agter tralies is.

Pieter Muller: Beslis goeie nuus vir n slag, jy het geen rede om sleg te voel nie, daardie uitvaagsel het geen nut op hierdie planeet gehad nie. Net jammer die ander twee is ook nie bokveld toe gestuur nie!

David Potgieter: En wat doen Stortkop? Draai net sy kop weg! hehehehehehe!!!! Dit is mos wat hy wou gehad het toe hy ‘n jong man was.

JJ Olivier: sommer 2 keer indie gesig!!..dis tyd dat die afrikaaner begin terug baklei …ons mense word gemartel op plase en roof is soos brood en melk koop dit geneur met almal!..skiet die blksems!!!!!!

Mimi SWART: As geweld met geweld begroet word sal die booswigte minder “mak” wees om hulle bose planne uit te voer. It takes two to tango”.

Susan Neethling: 10 uit 10 Tina!! God was verseker met julle!! Ons glo en vertrou die kleinding sal een van die dae gebore word sonder enige komplikasies…Sterkte vorentoe!! Kry nog wapens indien die Polisie nie die spesifieke wapen wil terug gee nie…elke tweede dag ‘n aanval in Mooinooi se omgewing veral op die kleinhoewes…

A Conradie: Ja, maar nou het die polisie haar wapen. Hulle kan hulself vir n tyd lank nie beskerm.

Clarence Hewson: Kan iemand se hoekom die polisie iemand se wapen vat na wat ooglopend n situasie van selfverdediging was? En hoe lank mag hulle die wapen hou? Want daardie mense kan nou nie terug gaan na hulle huis toe nie omdat hulle hulself nie kan verdedig nie en twee van die aanvallers loop nog los.

D Roeder: As die polisie ‘n misdaad ondersoek of selfs ‘n ondersoek doen om ‘n geregtelike ondersoek te hou mag hulle die wapen neem om dit te laat toets. Ballistiese toetse ondermeer van die koeelpunte wat uit die kop van die dooie rower gekry is. Daar moet formeel bewys word dat die wapen die koeel afgevuur het. Dit kan weke vat want die ondersoeke deesdae is nie van die doetreffendste nie. Dis nie onmoontlik dat ‘n rassistiese p[olisieman swal probeer om haar van moord aan te kla nie. Popcru hou nie daarvan dat witmnense hulleself verdedig nie.

Hennie DE BEER: Ek stem saam met Andre – die foto kan `n heel verkeerde boodskap uitstraal. Die feit dat almal ook nou weet dat hulle deur die polisie ontwapen is maak die risiko nou soveel groter. Welgedaan Mev. du Toit – jou blitsvinnige reaksie het beslis leeue moed en `n koel kop geverg.

Billy Augustyn: Pragtig, Mevrou!!!

Willem Liebenberg: Is daar nog iemand wat wil beweer dat daar geen rassisme betrokke is by plaasaanvalle nie? Ek glo nie! Maar laat een swartetjie nou enigsins iets oorkom – boeta, dan is daar nou vir jou moelilikheid.

Die Bronx: Sien jy, Willem? Daar verwyder Netwerk 24 my kommentaar. Seker omdat hulle dit “rassisties” vind. Maar gereeld plaas hulle berigte van mense wat ontken dat hierdie aanvalle ook, soos weereens bewys deur hierdie aanvallers se dreigement: “Ek sal jou doodskiet, jou wit Boer”, rasgedrewe is. As hierdie vrou nou na die aanvaller se ras sou verwys het voordat sy hom geskiet het sou dít seker rassisme gewees het, Maar nie as ‘n swart aanvaller na sy slagoffer se ras verwys in ‘n doodsdreigement nie. Dit is tyd dat ons deurlopend na hierdie aanvalle begin verwys as “genocidal attacks”.

pieter van zyl: Pragtig dametjie. As die regering nie die doodstraf wil terugbring nie, moet ons maar self die doodstraf uitvoer.

Witbanker: As die polisie enige integriteit het, sal hulle haar pistool aan haar teruggee. Hulle sal ook sorg dat die booswigte gevang word en agter tralies BLY sonder borg. Dit is seker nie vergesog nie dat hulle haar nou gaan aankla van moord.

Pieter Labuschagne: In die gesig! Briljant!

RINA MYNHARDT: Dapper vrou! Jy verdien voorwaar medalje! Baie sterkte vorentoe!

LOURENS KRITZINGER: UITSTEKEND! ALMAL IS GATVOL VIR MISDAAD! GOD IS VIR ONS,WIE KAN TEEN ONS WEES?

Ansie Schlebusch: Mooi so, Tina – baie dankbaar julle is almal veilig. Gaan eis jou pistool onmiddellik terug – kry ‘n hofbevel indien nodig. Dis sommer twak dat hulle jou pistool konfiskeer as jy duidelik uit noodweer opgetree het.

A VAN JAARSVELD: Dit is standaardprosedure. Die ballistiese deskundiges moet die doppie en vuurwapen met bewyse aan die misdaadtoneel kan verbind vir die geregtelike doodsondersoek.

Pieter Brummer: Goed kopgehou. Sterkte vir julle. Sonder om negatief te wees – wat het die rewolwer in die kluis gesoek?. Daar is daagliks nuus oor hoewe en plaas aanvalle en nog steeds is ons mense nie paraat nie. As jy tuis is hoor jou vuurwapen by jou nie in die kluis nie. Ek is baie blt dinge het goed uitegwerk en dat julle veilg is.

vettie gouws: Dit is verskriklik. Mens moet bid vir veiligheid en dan moet mens bid dat die Here jou sal vergeef dat jy iemand doodskiet om jou eie gesin te beskerm. Mens weet nie meer watter kant toe nie.

Karin Burger: Wanneer gaan ons mense op plase,kleinhoewes en selfs in dorpe en stede leer dat die belangrikste deel om jouself en jou gesin te beskerm is om n doeltreffende vroee waarskuwing stelsel te he wat 100% werk. Al die vuurwapens in die wereld gaan jou niks help as jy en jou gesin verras word nie.

Leana Jooste: Dank die Vader Hy het jou wel in beheer geplaas en jou gebede geanwoord. Dit was of hulle of jy en jou gesin, jy het gedoen waarvoor jy Krag ontvang het en hoef nie skuldig te voel nie. Jy is ‘n heldin. All sterkte vorentoe vir jou en jou gesin.

Hester Swart: EK STEM SAAM MET WAT FRANS SE. WELGEDAAN TINA.!!!!

Andra du Mont: Sterkte vorentoe

Nicola Smit: Whooohooo Eks so so bly vir jou Tina!!

Shaun van Niekerk: Mooi so. Net jammer sy kon nie die ander twee ook uitwis nie.

G Scheepers: BRAVO ! (1000 keer!)

Petro DOman: Dankie Tina, dat jy jou en jou gesin beskerm het. Sterkte met alles wat voorle, die trauma en die vrees wat julle nou sal moet oorwin.

Derek Bekker: sal die nuus vanaand met n braai vier

E Smith: so bly julle gesin is veilig, maar o wee wanneer sal die media besef dat hulle nie moet foto’s plaas van mense wat die rowers skiet en/of terugveg nie. Dit maak mos dat hulle (slagoffers) geteiken gaan word.

Pieter Erasmus: Hoop nie die vrou word nie aangekla nie want jy mag mos net terug skiet as jy klaar doodgeskiet is.

Fanie BRINK: Ek sou dit darem gelaaik het as sy met nog net 1 skoot sy knaters uitgeskiet het!!!

WILLEM DE BEER: Mooi werk, Tina !

Karin Burger: So hoekom fotos en name plaas van die gesin.Well done Dame maar jou vuurwapen moes by jou gewees het veral as jy op n plaas of kleinhoewe bly.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.