Fossielversameling open na omstrede oproep deur premier

Deel op

Die grootste fossielversameling op die Afrika-vasteland is in Johannesburg geopen. Die voormalige minister van Wetenskap en Tegnologie en huidige minister van Toerisme, Derek Hanekom het die opening waargeneem.

Fossiele soos die Taung-kind sal in die Phillip Tobias Primaat- en Homonied-fossiellaboratorium by die Universiteit van die Witwatersrand se Instituut van Evolusionêre Studies gehuisves word.

Die Taung-skedel was voorheen die onderwerp van ‘n woordestryd tussen Wits Universiteit en die Noordwes regering ná ‘n oproep deur die Premier Supra Mahumapelo vir die terugkeer van die beroemde skedel na die provinsie.

Mahumapelo die oproep gedoen voor meer as 5 000 mense tydens Erfenisdagvieringe in Orkney verlede jaar.

Die skedel is ontdek deur bekende antropoloog Professor Phillip Tobias. Dit is gehou by die universiteit en wyd gebruik vir navorsing.

Wetenskaplikes het onlangs egter verklaar Australopithecus africanus was nie soos ‘n gewone kleuter van vandag nie. Die breinholte toon geen versnelling in breingroei in sy eerste paar maande soos met moderne babas nie, wat dit minder menslik maak as wat voorheen geglo is.

Dr Kristian J. Carlson sê ‘n ondersoek het bewys dat daar geen getuienis is dat die skedel kenmerke van ‘n menslike baba bevat nie.

Mahumapelo het toegegee dat die universiteit onbewus is van hul besluit. “Ons wil eers die nasionale Departement van Kuns en Kultuur betrek,” het hy gesê, en bygevoeg dat hulle die skedel wil gebruik as ‘n toeriste-aantreklikheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.