Panyaza Lesufi vat Gauteng-skole se tablette weer terug

Deel op

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, wat laas nog gedreig het om die Curro-skool Roodeplaat “toe te maak” omdat swart en wit graadnulleerlinge “apart” van ‘n bus afgeklim het, het so pas tabletrekenaars wat sy departement aan skole uitgedeel het, teruggeëis. Volgens die departement bevat sommige tablette nie “veiligheidsprogrammatuur” nie en word almal vir herinstallering herroep.

‘n Amptenaar van die departement het egter aan ‘n skoolhoof aan die Oos-Rand gesê: “Julle gaan nie jul tablette terugkry nie. Dit word aan die matrieks in die provinsie gestuur.”

Die dagblad Beeld het vroeër berig dat daar “meer as 60 000 tabletrekenaars in die afgelope week aan Gautengse skole uitgedeel is”, maar blykbaar net aan oorwegend swart skole. In Lesufi se Gauteng mag wit kleuters nie sonder swartes uit die bus klim nie, maar jy mag maar diskrimineer as dit by tabletrekenaars kom.

Volgens Phumla Sekonyane sal skole weer hul tabletrekenaars terugkry, maar is nie seker wanneer dit sal gebeur nie.

“Ons is vasbeslote dat alle skole in Gauteng aan die papierlose klaskamer-projek sal deelneem,” sê sy.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.