BRICS-ontwikkelingsbank open sy deure

Deel op

Die BRICS Nuwe Ontwikkelingsbank (BNO) het sy deure in Shanghai geopen, en sal poog om die aanvanklike kapitaal vir infrastruktuur en volhoubare ontwikkeling beskikbaar te stel.

Chinese minister van finansies, Lou Jiwei, Sjanghai burgemeester Yang Xiong en BNO-hoof Kundapur Vaman Kamath het die seremonie bygewoon.

By die inhuldigingseremonie was Jiwei vinnig om daarop te wys dat BNO sal dien as ‘n alternatief vir die bestaande internasionale finansiële stelsel en sal sy pogings op innovasie en beheer fokus.

Dieselfde boodskap is bevestig deur Vaman Kamath.

“Ons doel is nie om die bestaande stelsel uit te daag nie, maar om dit te verbeter en die stelsel aan te vul op ons eie manier,” het die voorsitter Kundapur Vaman Kamath gesê.

Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, het ooreengekom om die BNO te stig.

Dit is deur die BRICS-lidlande bekragtig tydens die sesde beraad in Fortaleza, Brasilië in Julie 2014.

Die hoofdoel van die nuwe finansiering van infrastruktuur is die bevordering van volhoubare ontwikkeling in BRICS-lande.

BRICS verteenwoordig 42 persent van die wêreld se bevolking en ongeveer 20 persent van die wêreld se ekonomie gebaseer op die BBP.

Totale handel tussen die lande is byna 17 persent van globale handel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.