SA Mediese Vereniging woedend oor 2 se skorsing

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi se besluit dat twee dokters van die Evander-hospitaal in Mpumalanga geskors word, as voorbarig bestempel.

Die dokters is geskors nadat hulle na bewering ‘n noodkeisersnee op ‘n swart tienerma in ‘n normale saal, in plaas van ‘n operasiesaal, uitgevoer het, het RSG berig.

Haar baba is dood gebore en die vrou het tien dae later beswyk. ‘n Saak van moord is teen die twee geopen.

Die vereniging sê dit is verregaande om ‘n saak teen dokters te begin, sónder dat ‘n beslissing deur lede van die mediese beroep gegee is.

Dit blyk dat die staatshospitaal sowel as ‘n privaathospitaal verkeerde inligting aan die ouers deurgegee het oor die welstand van die tiener en dat die ouers die dokters daarvoor verkwalik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.