Verdagtes verskyn volgende week ivm Vrede-plaasaanval

Deel op

Twee swart verdagtes wat in hegtenis is vir die plaasaanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Vrede verlede naweek sal volgende Maandag weer in die plaaslike periodieke hof verskyn.

Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, Peter Kareli sal Paul Mei Zulu (39) en Thabho Shadrac Motloung (31) dan formeel om borgtog aansoek doen.

Beide staar aanklagte van poging tot moord, huisbraak en gewapende roof in die gesig.

Intussen het familiewoordvoerder Ruan Combrink aan OFM-nuus gesê dat Johannes Kritzinger en sy vrou Rita se toestand steeds ernstig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.