Die minister van Vervoer, Dipuo Peters sê sy verwag die week ‘n volledige verslag van die raad van die Passasierspooragentskap, PRASA.
Dit volg nadat die bestuurshoof, Lucky Montana se kontrak beëindig is en die hoofingenieur, Daniel Mthimkhulu geskors is.
Mthimkulu word daarvan beskuldig dat hy oor sy kwalifikasies gejok het. Daar word ook beweer dat die agentskap R600 miljoen bestee het aan Spaanse lokomotiewe wat nie geskik is vir plaaslike spoortoestande nie.
‘n Woordvoerder van die departement van Vervoer, Tiyani Rikhotso sê die minister sal met die raad in gesprek tree nadat sy die verslag ontvang het.