Sinjaalfout dalk oorsaak van jongste treinongeluk

Deel op

Die soveelste treinongeluk, hierdie keer by die Booysens-stasie, suid van Johannesburg, kon dalk weens ‘n foutiewe sinjaal plaasgevind het.

Daar is 239 mense beseer in die jongste botsing. Die Gautengse regering het vroeër sy kommer uitgespreek oor gereelde treinongelukke.

In April is ‘n veiligheidswag van Metrorail dood en 240 mense beseer in ‘n botsing tussen twee treine by die Denver-stasie.

‘n Voorlopige verslag oor Vrydag se ongeluk sal na verwagting Maandag vrygestel word.

Die Gautengse premier, David Makhura het ‘n beroep op die Passasierspooragentskap gedoen om voorsorg te tref dat passasiers hul bestemmings veilig bereik.

In Vrydag se ongeluk het een trein van agter teen ‘n ander wat stil gestaan het gebots, tussen die Booysens- en Crownmine-stasies. Albei treine was na Soweto onderweg.

Volgens ‘n voorlopige ondersoek van die Spoorveiligheidreguleerder was die sinjaallig geel in plaas van rooi en het die aankomende trein nie besef daar is reeds ‘n trein op die betrokke spoorlyn nie.

Die woordvoerder van die reguleerder, Babalwa Mpendu sê die voorlopige verslag word môre bekendgemaak.

Die reguleerder sê veiligheidstandaarde van spoorlyne in Gauteng sal ondersoek word.

Intussen sê Metrorail die diefstal van belangrikte toerusting van die spoorlynnetwerk is besig om toe te neem. ‘n Woordvoerder sê die diefstal lei tot ongelukke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.